Afrikaanse Produkte vir Tysonderwys in Suid-Afrika

Footprints bied met trots ’n reeks tuisonderwysprodukte in Afrikaans aan vir Afrikaanssprekende tuisskoolgesinne in Suid-Afrika en regoor die wêreld.

Elkeen van ons produkte is gerig op ’n breë ouderdomsgroep, sodat kinders wat na aan mekaar in ouderdom is, dieselfde kurrikulumprogram saam kan gebruik vir Sosiale Wetenskappe en Natuurwetenskappe. Dit hou lesbestuur eenvoudig, stresvry en kostedoeltreffend!

Verken hieronder meer inligting oor ons kernpakkette – gerangskik volgens ouderdomsgroepe – om die perfekte opsie vir jou gesin te vind. Die skakels in die tabel hieronder neem jou na elke produk se verkoopsbladsy, waar jy ‘n volledige beskrywing kan lees en voorbeeldbladsye kan aflaai.

FootprintspakketTeikengroep
Kaalvoetpret Volumes 1, 2 & 34-8 Jaar, Voorskool / Fondasie Fase
Voetspore 1 – Die Vroeë Jare8-14 Jaar, Intermediêre Fase / Senior Fase
Voetspore 2 – Die Laaste Eeu10-16 Jaar, Intermediêre Fase / Senior Fase
Natuurskattejag 18-14 Jaar, Intermediêre Fase / Senior Fase
Natuurskattejag 210-16 Jaar Intermediêre Fase / Senior Fase
Voetspore - Afrikaans homeschool curriculum in South Africa

Gereed om te bestel? Kies die produkte in ons aanlynwinkel hieronder.

4-8 Jaar – Voorskool / Fondasie Fase
Kaalvoetpret

Ons nuutste program vir ouderdomme 4–8 jaar is Kaalvoetpret in drie volumes (met die Engelse eweknie, Barefoot Days). Hierdie is ’n storie-gebaseerde, Charlotte Mason-styl kurrikulum. Kaalvoetpret bied ’n verskeidenheid temas vir jong kinders. Dit stem ook natuurlik ooreen met die nasionale kurrikulumverklaring vir Lewensvaardighede in die Grondslagfase (al was dit nie ons oorspronklike doel nie!) Lees meer by Barefoot Days/Kaalvoetpret and CAPS

Dit dien ook as ‘n wonderlike “handleiding vir ma’s”, aangesien dit al die gesamentlike wysheid bevat wat ons oor twee dekades van tuisonderrig aan ons eie twee gesinne opgedoen het. Lees verder …

8-16 Jaar – Intermediêre / Senior Fase
Voetspore en Natuurskattejag

Voetspore 1 – Die Vroeë Jare en Voetspore 2 – Die Laaste Eeu is saamgestel uit van die beste Afrikaanse ‘lewende boeke’ waardeur ‘n opwindende literatuur-gebaseerde avontuur deur ons land ervaar kan word. Deur die storieboeke te lees, sal u kinders historiese karakters leer ken wat ‘n rol gespeel het in die vorming van Suid-Afrika se kleurryke verlede. In plaas daarvan om feite en datums so tipies van geskiedenishandboeke te moet leer, sal hulle die feite oor die storie van ons land ontdek deur die oë van die karakters in die leesboeke. Ons nasie se geskiedenis sal lewendig word deur die verhale!

Natuurskattejag 1 en Natuurskattejag 2) fokus op die verskillende natuurlike klimaatstreke wat in Suid-Afrika voorkom. Elkeen behoort 18 maande tot twee jaar te neem om te voltooi.

Saam met Natuurskattejag 1 & 2 is ons Voetspore 1 & 2 voldoende aan die voorgeskrewe inhoud van die Kurrikulum Assesserings Beleidsverklaring (BAKV ook bekend as CAPS in Engels) vir Sociale Wetenskappe en Huistaal. Sien Footprints en CAPS en Footprints Language Arts and CAPS

Dit is ‘n gesonde realistiese kurrikulum. Sonder die rompslomp van vandag se negatiewe, regeringsgedrewe kurrikulum.
Dit het my gesin weer geleer dat ons bevooreg is om in so mooi land te woon. 

~ Ciebella-Maria De Beer

Voetspore

Voetspore 1 – Die Vroeë Jare begin by die geskiedenis van die eerste mense wat in ons land gewoon het, nl. die Khoe-groepe, en word deurgetrek tot by die Groot Trek. Dit sluit in die Nederlandse, Franse en Britse setlaars en die botsings wat plaasgevind het toe Europeërs die binneland ingetrek het. Lees verder…

Voetspore 2 – Die Laaste Eeu gaan voort in die laat 1800’s toe goud en diamante ontdek is. Dit neem jou deur die stormagtige tye in Suid-Afrika se geskiedenis – die Vryheidsoorlog, deur twee wêreldoorloë, apartheid en die vryheidstryd. Dit eindig met die huidige gebeure van die 21e eeu. Die Diamant pakket is ‘n volledige pakket en sluit al die noodsaaklike boeke in. Die bykomende boekbundel kan apart gekoop word.

Die Voetspore 2 Saffier pakket bevat al die nodige boeke oor die laaste eeu se geskiedenis, plus addisionele boeke om elke afdeling te verryk. Hierdie is ‘n alomvattende pakket wat alles bied wat u nodig het om met behulp van die Voetspore 2-program, die veelsydigste literatuurgebaseerde leerervaring moontlik te maak.

Natuurskattejag

Natuurskattejag 1 saam met Natuurskattejag 2 bied tuisonderwysgesinne ‘n unieke, literatuurgedrewe leersafari wat jou gesin op ‘n ontdekkingsreis neem deur die verskillende natuurlike biome van ons wonderlike land… die Nama-Karoo, fynbos, grasveld, Indiese Oseaan kusgordel, Albany-ruigte, riviere en berge…Lees verder.

Natuurskattejag 2 is die opvolg van die Natuurskattejag 1. Dit sluit in nedersettings-aardrykskunde en ‘n hoofstuk oor ons nasionale parke. Dit fokus ook op die flora en fauna van nog van Suid-Afrika se pragtige biome: die savanne, die Kalahari en woestyngebiede en die oorblewende natuurlike woude…Lees verder…

Bordspeletjies in Afrikaans

Suid-Afrikaanse Geskiedenis Afdrukbare Vouboeke (Lapbooks)

Ons beveel hierdie vouboeke (lapbooks) aan om saam met Voetspore 1 – Die Vroeë Jare te gebruik vir kinders tussen 8 en 14 jaar. Dit kan ook as ’n selfstandige geskiedenisstudie gebruik word.

Enige vrae voordat jy bestel?

Om die regte tuisonderwyspad te kies hoef nie oorweldigend te wees nie. Kontak ons vir persoonlike leiding om die beste Suid-Afrikaanse tuisonderwyskurrikulum-pakket vir jou kinders te kies.

We know that no one chooses home education because it’s easy, but rather because we believe that it’s worth the investment of time and energy into shaping our children’s lives.

If you could use a little reassurance, perspective, and peace in your inbox, sign up today, because sometimes, the smallest words of encouragement are exactly what keep us going.

Join the Footprints community and get your Nurture Nuggets today, packed with tips and advice from moms with over 25 years of home education experience.
Sign up today, so you don’t miss the next issue.