Voetspore 2 – Die Laaste Eeu


‘n Suid-Afrikaanse literatuurryke tuisonderwyskurrikulum vir ouderdomme 10-16 jaar

Voetspore 2 - Die Laaste Eeu, Suid-Afrikaanse tuisonderwys kurrikulum

Voetspore 2 – Die Laaste Eeu is die vervolg op die geskiedenis in Voetspore 1 – Die Vroeë Jare.

Saam vorm dit die wêreld se eerste literatuur-gebaseerde kurrikulum vir Afrikaanse tuisonderwysgesinne!

Voetspore 2 – Die Laaste Eeu is ‘n eenheidstudie wat vele vakke insluit. Dit is gemik op kinders 10-16 jaar oud. Die leerplan dek onder andere Suid-Afrikaanse geskiedenis, musiekwaardering, kunswaardering, poësie en taalontwikkeling.

Voetspore 1– Die Vroeë Jare (vir ouderdomme 8-14 jaar) fokus op die vroeë jare in die ontwikkeling van ons land. Vanaf die tyd van die inheemse stamme, die aankoms van Europese ontdekkers en die stigting van die kolonies. 

Hierdie leerplan, Voetspore 2, gaan voort in die laat 1800’s toe goud en diamante ontdek is en wat gelei het tot die twee Vryheidsoorloë tydens die draai van die eeu. Dit neem jou deur die stormagtige tye in Suid-Afrika se geskiedenis, deur twee wêreldoorloë, apartheid en die vryheidstryd. Dit eindig met die huidige gebeure van die 21e eeu.

Let wel:

Voetspore 2 is hoofsaaklik ‘n geskiedenisprogram.


Die natuurwetenskap gedeelte is nie ingesluit soos in die oorspronklike Voetspore 1 leerplan nie. Dit is nou ‘n aparte produk:

Natuurskattejag 2

Natuurskattejag 2 - tuisonderwyskurrikulum in Afrikaans

Natuurskattejag 2 is ideaal om saam met Voetspore 2 gebruik te word. Lees meer oor Natuurskattejag 2.

Voetspore 2 sluit kunswaardering, musiekwaardering met bekende SA liedjies, poësie, kaartwerk en meer in! Alles wat jy nodig het is byderhand om jou kinders ‘n ryk, opvoeding te gee. Die program leer hulle om KRITIES TE DINK oor verskillende perspektiewe op geskiedenis en huidige gebeure en om mediavaardige 21ste-eeuse burgers te word!

Net soos met ons ander geliefde programme sal jou kinders die geleentheid hê om in ander se voetspore te stap en die lewe in ander eras en plekke te ervaar. Deur die oë van beide ware en fiktiewe karakters uit die wye verskeidenheid lewende boeke sal julle kinders die land se ontwikkeling kan waarneem.

Voetspore 2 – Die Laaste Eeu sluit wonderlike boeke deur skrywers soos FA Venter, MIKRO, Maretha Maartens, John Coetzee, Jaco Jacobs, Kowie Rossouw en baie ander bekende Afrikaanse storievertellers in! Daar is soveel rykdom om te geniet terwyl jou kinders moeilike onderwerpe soos die oorloë van die 20ste eeu, die kwessies van vooroordeel en die regte waarheid en versoening bestudeer.

Daar is ook ‘n lys van briljante rolprente en dokumentêre wat jy kan deelmaak van jou studies! 

Voetspore se Wenresep

Kinders is mal oor storieverhale en ouers is gaande oor kinders wat entoesiasties is oor leer!
Voetspore 2 South African Homeschool Curriculum reading books
Sommige van die Voetspore 2 en Natuurskattejag 2 voorgeskrewe leesboeke

Omtrent 40 boeke (27 verpligte titels plus 12 bykomende boeke) is sorvuldig uitgekies om as gesin saam te geniet. Navorsing toon dat jy iets baie beter onthou as jy dit in storievorm hoor. Die brein reageer baie effektief op hierdie stimulerende manier van leer en die inligting word beter verbind aan die netwerk inligting wat reeds in die brein gestoor is. Dit is die rede hoekom soveel gesinne getuig dat Voetspore ‘n genotvolle en onvergeetlike manier van leer is.

Kinders moet aktief betrokke wees terwyl hulle leer en nie net passiewe inligting ontvang nie!

Wanneer kinders ‘n ervaring deur ‘n storie of in die regte lewe “leef”, in plaas daarvan om net feite te leer, dan beleef hulle iets van die tyd en plek met al hul sintuie. Wanneer kinders se sintuie en emosies wakker gemaak word, onthou hulle die ervaring baie langer as wanneer hulle net harde feite moet memoriseer vir ‘n toets en dit dan vinnig weer vergeet!

South African homeschool family reading together
Kinders moet die vreugde ervaar om in ander lande te leef, ander mense, in ander tye te wees – ‘n wonderlike dubbele lewe; en hierdie vreugde word meestal in storieboeke gevind. ~ Charlotte Mason

Aktiwiteite en Uitstappies

Met Voetspore kry kinders nie net die geleentheid om hulle verbeeldings te gebruik oor alles waarvan hulle lees nie, maar daar is ook idees vir aktiwiteite en uitstappies na interessante plekke wat die leerondervinding in julle eie huis lewendig maak .

Byvoorbeeld, wanneer julle lees oor die goudstormloop, kan julle in ‘n rivier in Mpumalanga gaan goud was. Wanneer julle leer oor die oorloë, is daar monumente en plekke waar veldslae plaasgevind het om te besoek. Gaan besoek Robbeneiland wanneer julle oor apartheid leer. ‘n Hele paar tuisskoolfamilies wat al landstoere gedoen het om hulle kinders eerstehandse ervaring van Suid-Afrika te gee, het ons programme gebruik. Selfs al kan julle nie die hele land toer nie, is daar in elke provinsie plekke wat jul gesin kan besoek. 

‘n Familie toer om Suid-Afrika te verken
Wat is daaronder? Walvisse? Hermanus se Ou Hawe
‘n Besoek aan Robbeneiland

Ons gesin het die jaar afgevat om deur Suid- en Suidelike Afrika te toer, ons het die ‘Footprints’ boeke as ons enigste ‘kurrikulum’ vir die jaar. Ons is mal daaroor om die boeke te lees en dit dan self te gaan ervaar soos ons deur die land reis. Hierdie is goud werd. Die kwaliteit van die program is fantasties en selfs ma en pa leer saam!
~ Nicole Walsh (Walshies on Tour op sosiale media)

Voetspore – die Oplossing

Baie gesinne word oorweldig deur die ‘skool-by-huis’ (CAPS gebaseerde) kurrikulums en metodes want dit is baie gestruktureerd, voorskrywend en min pret! Die kurrikulum is ‘n slawedrywer en gesinne voel oorwerk omdat hulle probeer bybly met al die eise van die diensverskaffers. Aan die ander kant is daar ouers wat ure spandeer om hulle eie leerprogramme saam te stel en dan minder tyd saam met hul kinders geniet.

Homeschool father and daughter reading together

Voetspore is die oplossing. Jou kinders het die vryheid om hulle eie belangstellings te ontdek en te volg maar jy, as ouer, weet dat jy top-kwaliteit stories sowel as die regte hulpbronne het om jou kinders aan groot idees en fantastiese skrywers bloot te stel.

 Dit is ‘n gesonde realistiese kurrikulum. Sonder die rompslomp van vandag se negatiewe, regeringsgedrewe kurrikulum. Dit het my gesin weer geleer dat ons bevooreg is om in so mooi land te woon. 
~ Ciebella-Maria De Beer

Die Ouerhandleiding

Die ouerleiding is vol agtergrond inligting asook idees vir temas om oor te gesels en te redeneer, aktiwiteite om jou kinders te help om self meer inligting te soek en uitstappies om die leerervaring soveel lekkerder te maak. Dink hieraan as ‘n selfry avontuur deur Suid-Afrika. Daar is geen druk van ‘n kurrikulum-diensverskaffer nie, julle is vry om teen julle eie pas te vorder en om stil te staan by temas wat jou kinders se belangstelling prikkel. 

Voetspore 2 - Die Laaste Eeu ouerleiding
Voetspore 2 - Die Laaste Eeu voorbeeld bladsy
Voorbeeldblad

Aan die begin van elke les is daar:

  • ‘n lys van temas wat julle gaan behandel
  • ‘n opsomming van die stories en verwysingsboeke 
  • ‘n lys van aanvullende boeke wat julle ook kan gebruik 
  • voorstelle van moontlike uitstappies en belangrike plekke 
  • name van films wat julle ook kan kyk* (nie verpligtend)

*Die films en dokumentêre wat aanbeveel word, word nie voorsien nie en is aanvullend. Dit kan verkry word by biblioteke of by aanlyn-kanale waarvoor jy kan registreer.

My kinders en selfs ek en my man geniet dit vreeslik om ‘n Afrikaanse program vir ons eie land se geskiedenis te geniet!
Ons is baie gelukkig en dankbaar vir hierdie pragtige Afrikaanse program! Trots!
~ JV le Roux

Voetspore 2 Aanlyn Platform

Jy kry toegang tot ‘n kursuswebwerf met skakels na hulpbronne sal kry wat jou kinders se leerervaring sal verryk:

  • ekstra artikels
  • videogrepe
  • dokumentêre
  • drukbare bladsye

Jy hoef nie ure op die internet te spandeer om ekstra materiaal te kry nie – ons het dit vir jou gedoen! 

Tydlyn, Suid-Afrikaanse Kaart en Prentjieskyfies

South African homeschool wall map for Footprints curriculum
Muurkaart van Suid-Afrika
Prentjieskyfies
Footprints Through Time - South African homeschool curriculum timeline book
Voetspore deur die Eeue tydlynboek

Soos met al ons programme is die tydlynboek, kaart en prentjieskyfies belangrik om dit wat julle gaan leer, ten opsigte van tyd en plek, op ‘n kaart in perspektief te plaas!

Ons verskaf ‘n stel prentjieskyfies wat jy kan uitdruk om op die kaart en die tydlynboek te gebruik. Hierdie gee vir jou kinders ‘n sigbare rekord van wat hulle geleer het. In die tydlynboek het die een bladsy ruimte vir tekeninge en aantekeninge, aan die ander kant kan julle datums, prentjieskyfies of ander prente op die tydlyn byvoeg. Elke kind wat deur Voetspore gaan werk, het hulle eie tydlynboek nodig.

Ons neem aan dat julle Voetspore 1- Die Vroeë Jare gekoop het en dat elke kind reeds sy eie tydlynboek het asook ‘n die Suid-Afrikaanse vir die gesin. Julle kan hierdie items bestel indien nodig. Die Voetspore 2 Vereiste Pakket sluit die tydlynboek, heldeboek, muurkaart en kuns-reeks in.

Suid-Afrikaanse Kunstenaars

Ons gaan voort om Suid-Afrikaanse kunstenaars te verken met behulp van die reeks wat in Voetspore 1 ingesluit is. Die Suid-Afrikaanse Kuns-reeks vir Kinders is ‘n eenvoudige studie van bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars. Koop asseblief die Voetspore 2 Vereiste Pakket aan as julle dit nog nie het nie.

South African Art Series for children (Afrikaans) Boek 1
South African Art series for children (Afrikaans) Boek 2
Ons geniet Voetspore verskriklik baie! Die boeke is pragtig en die geskiedenis word soveel meer lewendig daardeur. ~ Elrika van der Merwe

Waardevolle Praktiese Werkstake

Aan die einde van elke hoofstuk in die ouergids is daar aanbevole kaartwerkaktiwiteite en ander opdragte om te doen. Dit sal nie net kinders se begrip van die onderwerpe verryk nie, maar die opdragte bied ook geleenthede om waardevolle, praktiese vaardighede te ontwikkel, soos bv.:

  • om navorsing te doen , 
  • om hulle gedagtes en idees duidelik in geskrewe vorm aan te bied
  • die gebruik van moderne hulpmiddels en toeps om kreatiewe voorlegings saam te stel
  • die ontwerp van plakate, bemarkingsbrosjures en ander visuele materiaal wat weergee wat hulle geleer het, en nog meer. 

Dikwels is die proses om die opdragte te doen meer voordelig of relevant as die inhoud wat hulle weergee!

Wat moet u nog weet?

Ons beveel aan dat julle tot twee jaar neem om Voetspore 2 te voltooi, sodat julle teen ‘n gemaklike pas kan werk. Neem gerus baie dae vir velduitstappies na plekke van belang, waar julle die dinge waaroor jul leer, eerstehands kan sien en ervaar. Ons glo dat hierdie tasbare geleenthede baie meer waardevol is as om by ‘n skedule te hou en net uit boeke te leer! 

Cederberge
Wes-Kaap se platteland
Greyton

Ons moedig jou aan om ons lesplanne as ‘n wegspringplek te gebruik, en om dieper te delf, of op “afdraaipaadjies” verder te verken, veral as jou kinders in enige spesifieke onderwerp belangstel. Dit is hoe jy vir hulle ‘n genotvolle, persoonlike leerervaring gee.  Dit gee jou ook die geleentheid om jou kinders se persoonlikhede en belangstellings te ontdek. Hulle kan selfs hul toekomstige loopbaan vind wanneer hulle vrymoedigheid het om hierdie soort in-diepte studies oor fassinerende onderwerpe te doen!

Koopopsies vir Voetspore 2 – volg hierdie 3 stappe

1. Eerste keer aankoop?

As jy nie voorheen die Voetspore 1-pakket aangekoop het nie, benodig jy die Vereiste Pakket wat die volgende items insluit:

  • Voetspore deur die Eeue-tydlynboek
  • Muurkaart van Suid-Afrika
  • SA Kuns-reeks vir Kinders
  • Die Groot Afrikaanse Heldeboek
  • Dapper Kinders

2. Meer as een kind?

As jy van plan is om die program met meer as een kind te gebruik, moet jy ook soveel ekstra tydlynboeke koop as wat nodig is.

3. Kies ‘n pakket

Ons bied verskillende koopopsies aan:

  • Die Saffier pakket bevat al die nodige boeke plus addisionele boeke om elke afdeling te verryk. Hierdie is ‘n alomvattende pakket wat alles bied wat u nodig het om met behulp van die Voetspore 2-program, die veelsydigste literatuurgebaseerde leerervaring moontlik te maak.
  • Die Diamant pakket is ‘n volledige pakket en sluit al die noodsaaklike boeke in. Die bykomende boekbundel kan apart gekoop word.
  • Kontak ons om ‘n twee-betalingsplan te reël.
  • Die Voetspore 2 + Natuurskattejag 2 kombinasiepakket. Koop albei pakkete saam en kry die Voetspore 2 Werksvelle (R600) plus die Natuurskattejag Werksvelle verniet!

Bykomende Produkte vir Voetspore 2

“I can’t describe to you how nice it is to open Voetspore and  just read to my children in Afrikaans and I don’t have to translate all the time.”
~ Mrs Badenhorst, Western Cape.

Vrae wat gereeld gevra word

Ons ontmoedig liefs skuld en stel voor dat u eerder die Brons pakket met twee betalings aankoop vir Voetspore 1 of die Amber pakket vir Voetspore 2.
Ons glo dat kinders tussen 8 en 14 jaar die beste voordeel sal trek uit die Voetspore 1 - Die Vroeë Jare-program. Daar word ook voorsiening gemaak vir ouer tieners met meer volwasse literatuur. Voetspore 2 - Die Laaste Eeu is vir kinders tussen 10-16 jaar.
Ons moedig ouers steeds aan om Little Footprints te doen – ons probeer soveel moontlik Afrikaanse titels wat hierby inpas, kry en herdruk. Kaalvoet Pret (beskikbaar 2023) is ook vir ouderdomme 4-8 jaar. Ons beveel aan dat families eers Voetspore 1 - Die Vroeë Jare voltooi voordat hulle met die opvolg, Voetspore 2 - Die Laaste Eeu begin.
Nee, dit is ‘n nuwe program wat heeltemal ander Suid-Afrikaanse literatuur gebruik. Voetspore 1 en Voetspore 2 dek wel al ons bekende geskiedenis in twee dele. Dit is nie verdeel in ouderdomsgroepe van laer- en hoërskool nie. Die Natuurwtenskap in Voetspore 1 en in Natuurskattejag 2 (ons splinternuwe program om saam met Voetspore 2 te gebruik) dek nastenby dieselfde inhoud as die Footprints Nature Quest program.
Ons bied nie ‘n daaglikse skedule aan nie, omdat ons glo dat jy die beste weet hoe Voetspore in julle dag kan inpas, tesame met ander vakke en huishoudelike roetine. Ons beveel wel aan dat julle elke dag lees en dat die kinders konsekwent aan hul projekte werk.
Alle geskiedenis word geskryf uit iemand se onderskeie oogpunt. Dit kan nooit 100% objektief weergegee word nie, omdat dit uit iemand se perspektief gesien word. Om geskiedenis ten volle te verstaan en daaruit te leer, is dit dus uiters belangrik om wyd te lees en die saak vanuit meer as een oogpunt te beskou.

Ons taak as die lesers en studente van geskiedenis, is om die invalshoek en perspektief waaruit die spesifieke geskiedkundige gedeelte vertel is, te identifiseer en evalueer. Lees tussen die lyne, bevraagteken wat gelees is, kyk vir vooroordeel en wees ook bewus van jou eie vooroordeel en kulturele voorkeure.

Dan is dit ook nodig om die storie wat gelees word vanuit die “ander” perspektief te sien, indien moontlik. Moenie net bewus wees van dit wat vertel word nie, maar ook van die soms aaklige en ongemaklike waarhede wat uitgelaat is. Eers dan kan ons dalk ‘n idee kry van die hele storie. Ons is sodoende ingelig en in ‘n beter posisie om ‘n ingeligte besluit te maak oor wat ons dink regtig gebeur het.
Ons is jammer, maar ‘n kieslys kan nie aangebied word nie. Op die meeste van die titels word kopiereg betaal, om kostes dus so laag as moontlik te hou, word ons boeke in grootmaat gedruk en in bondels opgemaak. Ons kan gevolglik nie die bondels opbreek nie.
Bestellings word gewoonlik binne drie weke uitgestuur, tensy daar onvoorsiene vertragings is met voorraad.
Voetspore 1 is reeds beskikbaar. Voetspore 2 behoort teen Oktober 2022 beskikbaar te wees.
Voetspore 1 en Voetspore 2 is elkeen bedoel om gesinne 18 maande tot twee jaar te neem, veral as u al die aanbevole boeke lees om die literatuurgebaseerde leerervaring te verryk.

Voetspore kan vergelyk word met ‘n besienswaardigheidsuitstappie deur Suid-Afrika. Die doel van die oefening is glad nie om deur alles te jaag binne ‘n sekere tyd nie. Ons wil juis hê dat julle as gesin die reis en alles wat daarmee gepaard gaan, geniet en ten volle ervaar. Wanneer julle iets teëkom wat julle belangstelling prikkel, wil ons nie hê jy moet dat tyd jou weerhou om bietjie stil te staan en die onderwerp verder te ondersoek nie.

Die tyd wat aan ‘n afdeling spandeer word sal heelwaarskynlik verskil van gesin tot gesin, juis omdat ons gesinne wil aanmoedig om bietjie dieper te delf en meer navorsing te doen oor onderwerpe wat hulle as gesin interesseer.
Al wat jy aanvullend nodig het tot Voetspore, is ‘n wiskunde- en taalprogram van jou keuse.


Erkenning aan ons Voetspore 2-span

Ons het ‘n ywerige en toegewyde span Afrikaanse tuisskoolouers gehad om ons met hierdie projek te help – met die lees en kies van geskikte boeke, vertaling, proeflees en redigering. Hantie Labuschagne, Esmé van der Merwe, Jennifer Leuvennink, Janine Fourie en Marelize Keyter, ons waardeer julle waardevolle insigte en kundigheid. Dankie. Ons erken en waardeer ook ons dogters, Kayleigh Erwee en Sarah Young, wat aan die kreatiewe kant gewerk het – met die omslag, kaarte, ontwerp en uitleg.

Esme van der Merwe en gesin
Jennifer Leuvennink (regs) en gesin
Marelize Keyter (links) en familie
Hantie Labuschagne en gesin
Janine Fourie en gesin

Kayleigh Erwee & Sarah Young