Natuurskattejag 2

Natuurskattejag 2 is die opvolg van die Natuurwetenskap-kursus van Voetspore 1. Dit is ‘n unieke, literatuurgedrewe leersafari wat jou gesin op ‘n ontdekkingsreis neem deur die verskillende natuurlike biome van ons wonderlike land. Dit is gemik op kinders tussen ouderdomme 10-16 jaar, maar goeie leesstof ken geen ouderdomsbeperkings nie!

In elke streek gee ‘n plaaslike gids jou insig in die fassinerende geografie, flora, fauna en ander natuurlike kenmerke wat daardie area onderskei.

Natuurskattejag 2 sluit 18 wonderlike boeke deur skrywers soos Dalene Matthee, FA Venter, Maretha Maartens, Pieter Pieterse, Marianna Brandt, Marisa Haasbroek en ander bekende Afrikaanse storievertellers, in! Daar is soveel rykdom om te geniet.

Natuurskattejag 2 - Suid-Afrikaanse tuisonderwyskurrikulum in Afrikaans

In hierdie program gebruik jul hierdie fantastiese boeke om nog vier van Suid-Afrika se nege biome te ontdek. Ons kyk na die savanne- en bosveldomgewings, die woestyn en semi-woestyn gebiede van die Kalahari en ons inheemse woude. Julle gaan terugreis in tyd deur die menslike nedersettingsaardrykskunde-afdeling. Daarna draao die fokus na die belangrikheid van ons nasionale parke en natuurbewaring in Suid-Afrika. Daar is ook ‘n lys van briljante rolprente en dokumentêre wat jy van jou studies kan deelmaak! 

Die Ouerhandleiding

Die ouerleiding is vol agtergrond inligting asook idees van temas om oor te gesels en te redeneer, aktiwiteite om jou kinders te help om self meer inligting te soek en uitstappies om die leerervaring soveel lekkerder en ryker te maak. Dink hieraan as ‘n selfry avontuur deur Suid-Afrika. Daar is geen druk van ‘n kurrikulum-diensverskaffer nie, julle is vry om teen julle eie pas te vorder en om stil te staan by temas wat jou kinders se belangstelling prikkel.


In elke hoofstuk is daar ook:

  • ‘n kaart van die area wat julle gaan ontdek 
  • ‘n plaaslike toergids of natuurdeskundige wat julle gaan rondwys
  • veldgidse wat ons aanbeveel 
  • ‘n kontrolelys van die nodige hulpbronne
  • aanmanings om die toepaslike stories op die regte tyd te begin lees
  • opdragte oor die onderwerpe waaroor julle leer
Voorbeeld van bladsye in Natuurskattejag 2

Klik hier vir ‘n voorbeeld.

Die films en dokumentêre wat aanbeveel word, word nie voorsien nie en is aanvullend. Dit kan verkry word by biblioteke of by aanlyn-kanale waarvoor jy kan registreer.

Aktiwiteite en Uitstappies

Met Natuurskattejag 2 kry kinders nie net die geleentheid om hulle verbeeldings te gebruik oor alles waarvan hulle lees nie, maar daar is ook idees vir aktiwiteite en uitstappies na interessante plekke wat die leerondervinding in julle eie huis lewendig maak .

Byvoorbeeld, wanneer julle die storie van Jock van die Bosveld lees, kan julle in die standbeeld van Jock op Barberton besoek of die Jock van die Bosveld-staproete in Mpumalanga geniet. Wanneer julle oor die sterrehemel leer, kan julle gaan kamp en in die donkerte, buite op ‘n kombers lê en die sterre bewonder. Besoek soveel van die plekke waaroor julle leer as moontlik. ‘n Hele paar tuisskoolfamilies wat ons programme gebruik het al landstoere gedoen om hulle kinders eerstehandse ervaring van Suid-Afrika te gee. Selfs al kan julle nie die hele land toer nie, is daar in elke provinsie plekke wat jul gesin kan besoek. 

Hole in the Wall
Hole in the Wall, Oos-Kaap
Nature outing
Besoek aan ‘n woud, Kaapstad
Besoek aan 'n natuurreservaat
Natuurreservaat, Mpumalanga

Aanlyn Platform

Ons het ‘n aanlyn-wagwoordbeskermde platform geskep waar u na addisionele artikels of video’s kan kyk. Ons het ook rolprente gelys wat by die onderwerpe van die studie pas. Let egter daarop dat ons nie elkeen kon hersien nie, dus word dit met eie diskresie gebruik. Sommige van die resensies wat in die ouerhandleiding gevind word, kan nuttig wees.

Father and two children using a laptop

Suid-Afrikaanse Kaart

Die Natuurskattejag 2 pakket bevat ‘n groot gelamineerde kaart van Suid-Afrika. Julle kan op die kaart met witbordmerkers skryf en spesifieke plekke waarvan geleer word, soos grense, riviere, bergreekse of historiese plekke van belang, kan daarop aangeteken word. Voeg papieruitknipsels van die provinsies, notas, foto’s, die prentjieskyfies of enigiets anders wat relevant is daarby aan.

South Africa wall map for homeschooling
Muurkaart van Suid-Afrika
Picture discs
Voorbeeld van prentjieskyfies

Waardevolle Praktiese Werkstake

In elke hoofstuk van die ouergids is daar aanbevole kaartwerkaktiwiteite en ander opdragte om te doen. Dit sal nie net kinders se begrip van die onderwerpe verryk nie, maar die opdragte bied ook geleenthede om waardevolle, praktiese vaardighede te ontwikkel, soos bv.:

  • om navorsing te doen, 
  • om hulle gedagtes en idees duidelik in geskrewe vorm aan te bied
  • om krities te dink oor boeke wat hulle lees en hul menings te gee in boekresensies
  • die gebruik van moderne hulpmiddels en toeps om kreatiewe voorlegings saam te stel
  • die ontwerp van plakate, bemarkingsbrosjures en ander visuele materiaal wat weergee wat hulle geleer het, en nog meer. 

Dikwels is die proses om die opdragte te doen meer voordelig of relevant as die inhoud wat hulle weergee!

Begin jul Avontuur met Natuurskattejag