Voetspore – Afrikaans South African Homeschool Curriculum

‘n Suid-Afrikaanse literatuurryke tuisonderwyskurrikulum vir ouderdomme 8-14 jaar

Voetspore 1 - South African Homeschool Curriculum in Afrikaans

Voetspore is die eerste kurrikulum van sy soort vir Afrikaanse tuisonderwysgesinne.

Afrikaanse families het nou ‘n chronologiese tuisonderrigprogram wat strek van die voorkoloniale geskiedenis van Suid-Afrika tot in die huidige eeu.

Voetspore 1 – Die Vroeë Jare en Voetspore 2 – Die Laaste Eeu is saamgestel uit van die beste Afrikaanse ‘lewende boeke’ waardeur ‘n opwindende literatuur-gebaseerde avontuur deur ons land ervaar kan word. Deur die storieboeke te lees, sal u kinders historiese karakters leer ken wat ‘n rol gespeel het in die vorming van Suid-Afrika se kleurryke verlede. In plaas daarvan om feite en datums so tipies van geskiedenishandboeke te moet leer, sal hulle die feite oor die storie van ons land ontdek deur die oë van die karakters in die leesboeke. Ons nasie se geskiedenis sal lewendig word deur die verhale!

Kinders is mal oor storieverhale en ouers is gaande oor kinders wat entoesiasties is oor leer!



Die Ouerhandleidings

Voetspore 2 - Die Laaste Eeu, Suid-Afrikaanse tuisonderwys kurrikulum

Daar is twee dele. Voetspore 1 begin by die geskiedenis van die eerste mense wat in ons land gewoon het, nl. die Khoi-groepe, en word deurgetrek tot by die Groot Trek. Dit sluit in die Nederlandse, Franse en Britse setlaars en die botsings wat plaasgevind het toe Europeërs die binneland ingetrek het.

Voetspore 2 – Die Laaste Eeu gaan oor die ontdekking van goud en diamante, die Vryheidsoorloë, Eerste en Tweede Wêreldoorloë, die Angolese bosoorlog, die vryheidstryd en deurgetrek tot by vandag.

In plaas daarvan om ons kinders se gedagtes te vul met feite is ons doel eerder om hulle te help om op boeke verlief te raak, om te leer om navorsing te doen, krities te dink en kennis te verwerk op ‘n manier wat relevant en belangrik is vir hul lewens. Die idee is dat julle die lesse kies wat die beste pas by die dinamika van jul huishouding, jul kinders en die tydsraamwerk waarbinne julle werk. Sou julle op enige stadium wou aanhou lees, staan dit jul ook vry om dit te doen!

Ons geniet Voetspore verskriklik baie! Die boeke is pragtig en die geskiedenis word soveel meer lewendig daardeur. ~ Elrika van der Merwe

Elk van die 12 afdelings (6 in Voetspore 1 en 6 in Voetspore 2) bevat ook ‘n afdeling vir natuurwetenskap. Dit is spesifiek geskryf vir die verskillende natuurlike klimaatstreke wat in Suid-Afrika voorkom. Daarby saam kyk ons na Suid-Afrika se erfenisterreine en ons nasionale parke. Ons hoop dat dit u ook sal aanspoor om ons pragtige land te besoek en te verken. Ons neem u op ‘n reis wat die Nama-Karoo insluit, dan kan julle met visse en seevoëls die skeepswrakke langs ons kus ontdek, voordat julle vleilande, moeraslande en grasvelde verken.

Veldblomme van die Wes-Kaap

In die aanhangsel is daar kaarte, nuttige kontakte en ‘n veldritrekord. Daar is ook sketse en verduidelikings om te help met verskillende soorte opdragte: ’n verskeidenheid sketsblaaie, hoe om ‘n opstel te skryf, ens. Vind ook ingesluit daaglikse skedules en leë bladsye vir beplanningsdoeleindes.

Klik hier vir ‘n voorbeeld van Voetspore 1 – Die Vroeë Jare.

Jy maak letterlik die boek oop en die volgende oomblik spring ‘n hele wêreld oop voor jou. ~ Linnie Lues

Die Letterkunde (Voetspore 1)

Voetspore-boeke, South African homeschool curriculum in Afrikaans

Voetspore 1 – Die Vroeë Jare: Meer as 50 boeke is noukeurig uitgekies vir ouers om saam met hul kinders te kan geniet. Sommige is noodsaaklik vir die program, ander is opsioneel. Die leesvlak van die boeke wissel ook vir verskillende ouderdomme. Sommige van die boeke sal vir kinders voorgelees moet word en ander kan met die nodige aanmoediging deur kinders self gelees word.

Die stories vertel die verhale van mense wat daartoe bygedra het om Suid-Afrika te maak wat dit vandag is.

Dit is nie geskiedenis wat mense maak nie, maar mense wat geskiedenis maak.

~A.W. Roberts

Voetspore 1 Aanlyn Platform

Ons het ‘n aanlyn-wagwoordbeskermde platform geskep waar u na addisionele artikels of video’s kan kyk. Ons het ook rolprente gelys wat by die onderwerpe van die studie pas. Let egter daarop dat ons nie elkeen kon hersien nie, dus word dit met eie diskresie gebruik. Sommige van die resensies wat in die ouerhandleiding gevind word, kan nuttig wees.

Voetspore aanlynplatform

Tydlyn, Suid-Afrikaanse Kaart en Prenteskywe

‘n Belangrike hulpmiddel om die geskiedenis in perspektief te plaas, is ‘n tydlynboek, Voetspore deur die Eeue.

Charlotte Mason se begeerte was dat kinders hulle eie “Boek van die Eeue” sal byhou, waarin belangrike gebeurtenisse, tydens hulle studie van Wêreldgeskiedenis, aangeteken word. In Voetspore, het ons het hierdie beginsel geneem en toegepas binne die konteks van ons studies oor Suid-Afrika. Voetspore deur die Eeue, is ‘n boek so ontwerp dat jou kind beide visuele en geskrewe rekord kan hou van ons land se geskiedenis.

Die een bladsy het ruimte vir tekeninge en aantekeninge, die ander kant is om datums op die tydlyn en die prentjieskyfies of ander prente wat u wil byvoeg, by te voeg. Elke kind wat deur Voetspore gaan werk, het hul eie tydlynboek nodig. As Voetspore met meer as een kind gebruik word, moet jy ‘n ekstra tydlynboek bestel. Een is by die Voetspore 1-pakket ingesluit.

“As an Afrikaans family we’ve been using your Little footprints and Footprints on our land programmes and though they are great and  we REALLY enjoy using them, Voetspore is by far the most enjoyable because it’s in our own mother language. I can’t describe to you how nice it is to open Voetspore and  just read to my children in Afrikaans and I don’t have to translate all the time.”
~ Mrs Badenhorst, Western Cape.

Suid-Afrikaanse Kaart

Die Voetspore 1 pakket bevat ‘n groot gelamineerde kaart van Suid-Afrika. Julle kan op die kaart met witbordmerkers skryf en spesifieke plekke waaroor geleer word, daarop aanteken: grense, riviere, bergreekse of historiese gevegsterreine. Voeg papieruitknipsels van die provinsies, notas, foto’s, die Voetspore prentjieskyfies of enigiets anders wat relevant is daarby.

“I opened our box this morning, and I was speechless.  I did Little Footprints with my children a few years back. We enjoyed it so much. Ever since you announced the Afrikaans Voetspore, I was literally dreaming of buying the curriculum. We finally took the step, and WOW!!  I am speechless.  My husband asked me if I had to review this on Google what would I say?  My answer was short and sweet “WOW”.  I looked through the curriculum on the internet, but receiving it stunned my expectations.”
~ Estelle Botha

Suid-Afrikaanse Kunstenaars

South African Art Series for children (Afrikaans) Boek 1
South African Art series for children (Afrikaans) Boek 2

Die Suid-Afrikaanse Kuns-reeks vir Kinders is ook ingesluit. Dit is ‘n studie van bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, wat baie eenvoudig is om te volg.

Dit kan selfs jou kinders inspireer om nuwe kunswerke vir jou huis te skep!

Koopopsies vir Voetspore 1 – Die Vroeë Jare

Ons bied verskillende koopopsies aan:

  • Die Goue pakket bevat al die nodige boeke plus addisionele boeke om elke afdeling te verryk. Hierdie is die alomvattende pakket wat u alles bied wat u nodig het om die wydste literatuurgebaseerde leerervaring moontlik te maak, met behulp van die Voetspore-program.
  • Die Silwer pakket is volledig en sluit al die noodsaaklike boeke in. Die bykomende boeke vir afdelings 1-6 kan apart gekoop word.
  • Die Brons pakket is bedoel vir kopers wat die silwer pakket stuk-stuk (met twee betalings) wil aankoop.

Vrae wat gereeld gevra word

Ons ontmoedig liefs skuld en stel voor dat u eerder die Brons pakket met twee betalings aankoop vir Voetspore 1 of die Amber pakket vir Voetspore 2.
Ons glo dat kinders tussen 8 en 14 jaar die beste voordeel sal trek uit die Voetspore 1 - Die Vroeë Jare-program. Daar word ook voorsiening gemaak vir ouer tieners met meer volwasse literatuur. Voetspore 2 - Die Laaste Eeu is vir kinders tussen 10-16 jaar.
Ons moedig ouers steeds aan om Little Footprints te doen – ons probeer soveel moontlik Afrikaanse titels wat hierby inpas, kry en herdruk. Kaalvoet Pret (beskikbaar 2023) is ook vir ouderdomme 4-8 jaar. Ons beveel aan dat families eers Voetspore 1 - Die Vroeë Jare voltooi voordat hulle met die opvolg, Voetspore 2 - Die Laaste Eeu begin.
Nee, dit is ‘n nuwe program wat heeltemal ander Suid-Afrikaanse literatuur gebruik. Voetspore 1 en Voetspore 2 dek wel al ons bekende geskiedenis in twee dele. Dit is nie verdeel in ouderdomsgroepe van laer- en hoërskool nie. Die Natuurwtenskap in Voetspore 1 en in Natuurskattejag 2 (ons splinternuwe program om saam met Voetspore 2 te gebruik) dek nastenby dieselfde inhoud as die Footprints Nature Quest program.
Ons bied nie ‘n daaglikse skedule aan nie, omdat ons glo dat jy die beste weet hoe Voetspore in julle dag kan inpas, tesame met ander vakke en huishoudelike roetine. Ons beveel wel aan dat julle elke dag lees en dat die kinders konsekwent aan hul projekte werk.
Alle geskiedenis word geskryf uit iemand se onderskeie oogpunt. Dit kan nooit 100% objektief weergegee word nie, omdat dit uit iemand se perspektief gesien word. Om geskiedenis ten volle te verstaan en daaruit te leer, is dit dus uiters belangrik om wyd te lees en die saak vanuit meer as een oogpunt te beskou.

Ons taak as die lesers en studente van geskiedenis, is om die invalshoek en perspektief waaruit die spesifieke geskiedkundige gedeelte vertel is, te identifiseer en evalueer. Lees tussen die lyne, bevraagteken wat gelees is, kyk vir vooroordeel en wees ook bewus van jou eie vooroordeel en kulturele voorkeure.

Dan is dit ook nodig om die storie wat gelees word vanuit die “ander” perspektief te sien, indien moontlik. Moenie net bewus wees van dit wat vertel word nie, maar ook van die soms aaklige en ongemaklike waarhede wat uitgelaat is. Eers dan kan ons dalk ‘n idee kry van die hele storie. Ons is sodoende ingelig en in ‘n beter posisie om ‘n ingeligte besluit te maak oor wat ons dink regtig gebeur het.
Ons is jammer, maar ‘n kieslys kan nie aangebied word nie. Op die meeste van die titels word kopiereg betaal, om kostes dus so laag as moontlik te hou, word ons boeke in grootmaat gedruk en in bondels opgemaak. Ons kan gevolglik nie die bondels opbreek nie.
Bestellings word gewoonlik binne drie weke uitgestuur, tensy daar onvoorsiene vertragings is met voorraad.
Voetspore 1 is reeds beskikbaar. Voetspore 2 behoort teen Oktober 2022 beskikbaar te wees.
Voetspore 1 en Voetspore 2 is elkeen bedoel om gesinne 18 maande tot twee jaar te neem, veral as u al die aanbevole boeke lees om die literatuurgebaseerde leerervaring te verryk.

Voetspore kan vergelyk word met ‘n besienswaardigheidsuitstappie deur Suid-Afrika. Die doel van die oefening is glad nie om deur alles te jaag binne ‘n sekere tyd nie. Ons wil juis hê dat julle as gesin die reis en alles wat daarmee gepaard gaan, geniet en ten volle ervaar. Wanneer julle iets teëkom wat julle belangstelling prikkel, wil ons nie hê jy moet dat tyd jou weerhou om bietjie stil te staan en die onderwerp verder te ondersoek nie.

Die tyd wat aan ‘n afdeling spandeer word sal heelwaarskynlik verskil van gesin tot gesin, juis omdat ons gesinne wil aanmoedig om bietjie dieper te delf en meer navorsing te doen oor onderwerpe wat hulle as gesin interesseer.
Al wat jy aanvullend nodig het tot Voetspore, is ‘n wiskunde- en taalprogram van jou keuse.



Hoor wat sê Linnie Lues, ‘n ervare tuisskool mamma van agt kinders oor haar kinders se gebrek van goeie Afrikaans literatuur en Afrikaans woordeskat sowel as ‘n klomp ander interessante lesse wat sy ervaar het terwyl sy geproeflees het.

Erkenning aan ons span

Voetspore 1 – Die Vroeë Jare sou nie moontlik gewees het sonder die bystand, vaardighede en harde werk van ons moedertaal Afrikaanssprekende span, met vertalings, proeflees en redigering. Hierdie was ‘n enorme deel van die projek, vir wie ons Anel du Preez, Linnie Lues en Linda Heckroodt geweldig dankbaar voor is.  Dankie vir die onskatbare waarde wat jul gebring het tot die verbetering van die eindproduk. Ons wil ook graag vir Amanda, Lauren en Kristy Conradie hartlik bedank vir die finale deurlees en laaste minuut veranderinge en laastens, ons twee dogters, Sarah Young en Kayleigh Erwee wat hul kreatiewe vaardighede gebruik het om die omslagontwerpe, kaarte, kunswerke en uitleg vir ons te doen.

Linnie en Christo Lues en hul gesin
Linda en Johan Heckroodt en hul gesin

Anel en Manie du Preez en hul gesin