Kaalvoetpret

Kaalvoetpret (Barefoot Days in Engels) is ‘n splinternuwe tuisonderrig program vir 4-8-jariges gebasseer op die Charlotte-Mason filosofie van onderrig. Dit is ‘n leerprogram wat op stories gebasseer is en maandelikse temas vir jong kinders bied soos:

  • My liggaam en my identiteit
  • My gesin en familie
  • My gemeenskap
  • Diere ens.
Kaalvoetpret Suid-Afrikaanse tuisonderwyskurrikulum

Elke module sluit ook 15 stories in (ongeveer vyf per tema) asook:

  • Kunswaardering
  • Musiekwaardering
  • Natuurstudie
  • Poësie
  • Goeie gewoontes en karaktervorming 
  • Fisiese aktiwiteite om lyfies te ontwikkel asook groot- en klein motoriese vaardighede
  • Kunsvlyt, eksperimente en ander toepaslike aktiwiteite

Elke module bevat praktiese wenke, aanmoediging en inspirasie vir ouers, aangesien ons weet hoe oorweldigend die taak van onderrig en opleiding van jong kinders kan wees vir ‘n tuisbly-ma wat dikwels onervare en onseker voel. Laai ‘n voorbeeld van die ouergids hier af of kyk hierdie video, wat alles verduidelik:



‘n Fantastiese “Handleiding vir Mammas”

Ons is self ervare tuisskolers en luister na die behoeftes van nuwe tuisonderrig mammas. Tydens ons bespreking van die Kaalvoetpret program met huidige Footprints / Voetspore families, het hulle bevestig dat hulle nie net ‘n boek met aktiwiteite wil hê nie. Hulle wil ‘n ware “handleiding vir mammas” hê wat HULLE sal leer hoe om hulle kinders suksesvol te onderrig. Dit is wat Kaalvoetpret anders maak as enige ander kurrikulum. Ons het al die wysheid en ervaring van ons eie tuisskooljare in kort stukkies in die bladsye van die ouergids ingewerk. 

Dit is ‘n program wat nie net fokus op die kind in geheel nie, maar ook op die hele gesin in die tuisonderrig huishouding. Dit fokus verder ook nie net op akademie nie, maar sluit ook die ontwikkeling van karakter, roetines, goeie gewoontes, natuurstudie, emosionele intelligensie, kuns, musiek, broer- en susterverhoudings, ouerskap en die wêreld en mense rondom die kind in.

Alles wat jy nodig het, wanneer jy dit benodig!

Dit haal die moeite uit tuisonderrig uit deur gebruik te maak van  Charlotte Mason se onderrigfilosofie deur al die hulpbronne te verskaf wat jy benodig vir kuns- en musiekwaardering, natuurstudie, poësie, taal, geskiedenis en geografie. Dit is alles daar vir jou om te gebruik wanneer dit jou pas. Kunsafdrukke, skakels na musiek om na te luister asook ‘n kursuswebtuiste met skakels na nuttige aanlyn hulpbronne sodat jy nie ure hoef te spandeer om dit self te vind nie!

In ons beplanning om hierdie program te skryf, het ons die doel gestel om nuwe tuisskoolouers toe te rus vir die langtermynreis om hul kinders groot te maak en hulle tuis op te voed volgens Bybelse beginsels en Charlotte Mason se filosofie. Dit is die program wat ons WENS ons gehad het toe ons ons  kinders begin opvoed het!

Mother and daughter looking at a book

Volume 3 sal vroeg in Januarie 2024 beskikbaar wees.


‘n Natuurlike Progressie

Daar is nege eenhede in Kaalvoetpret. Ons het met ons eie tien kinders gesien- en dit word bevestig deur kinderontwikkeling spesialiste – dat kinders in ‘n onbegrensde ruimte  leer namate hulle groei.

Hier is die struktuur van die program.

Volume 1

Tema 1 – My Liggaam en my Identiteit 

Tema 2 – My Gesin en Familie

Tema 3 – My Gemeenskap


Volume 2

Tema 4 – Stedelike- en Landelike lewe

Tema 5 – Landelike Diere

Tema 6 – Oseean en Lug


Volume 3

Tema 7 – My Land

Tema 8 – My Kontinent, Afrika

Tema 9 – Die Wêreld

Kaalvoetpret - progressie

In elke eenheid van die ouergids word aktiwiteite, wat noukeurig uitgesoek is, saam met elke storieboek verskaf. Hierdie aktiwiteite is saamgestel om die temas van die stories te beklemtoon en vir jou prettige idees te gee om met jou  kindertjies te doen. Laai ‘n voorbeeld van die ouergids hier af.

A child doing nature study outside

Die fokus is egter nie die projekte self nie maar eerder om ‘n liefde vir leer in jou kindertjies te kweek en jou, as nuwe tuisskoolouer, te wys hoe maklik dit is om jou kinders na kennis te lei. 

Wat jy nie in hierdie program sal vind nie, is werkkaarte, werkboeke en dinge wat jou jong kind lessenaargebonde hou. Daar lê baie jare voor waar hulle ‘n lessenaar sal moet  gebruik vir lees, skryf en wiskunde, maar vir hierdie vroeë jare wil jy ‘n omgewing van idees en ryk denke skep. Dit is hierdie sterk fondasie waarop hulle die res van hulle onderrrig sal bou.

“’n Kind is ‘n persoon in wie alle moontlikhede bestaan – nou, op hierdie oomblik  – nie om na baie jare en pogings van die opvoeder verminder te word nie”.” 

“Idees word gehou in daardie gedagte-omgewing wat die kind omring as ‘n atmosfeer wat hy inasem as sy lewensasem….” ~ Charlotte Mason

Weeklikse Aktiwiteite in die Natuur

Hoekom moet ons die natuur bestudeer? Lees asseblief die volgende artikel wat handel oor die belangrikheid van natuurstudies in ons en ons kinders se lewens: Why study Nature?

Kaalvoetpret is soveel meer as net ‘n kurrikulum. Dit is omvattend, uitstekend uiteengesit en vat jou hand as mamma soos wat jy die tuisskool avontuur met jou kinders aanpak. Die praktiese wenke, kuns- en musiekwaardering was tot groot waarde vir my. Dit skrap onbenullighede en bring jou fokus na wat waarlik belangrik is. Ek wens hierdie was beskikbaar toe my dogter klein was!
~ Lizelle du Toit

Hoekom ‘n Charlotte Mason-styl Kurrikulum?

Daar is ‘n paar redes waarom Charlotte Mason se  filosofie die doeltreffendste metode is om jong kinders tuis op te voed, veral in die 21ste eeu, alhoewel sy ‘n opvoeder uit die 18de eeu was!

Die jong jare

Charlotte Mason se uitgangspunt vir die jong jare is dat “In hierdie tyd van buitengewone druk, opvoedkundig en sosiaal, is dit miskien ‘n moeder se eerste plig teenoor haar kinders om vir hulle ‘n stil tyd van groei te verseker, ‘n volle ses jaar van ‘n passiewe ontvanklike lewe waarvan die wakker deel daarvan meestal in vars lug deurgebring word.”

A family learning out of doors - Barefoot Days

Soveel kinders ly aan angs en depressie en brand uit in skole en tuisonderrigmodelle by die huis. Charlotte Mason bied kinders en ouers ‘n ander manier. Om ons kinders die vryheid te gee om te speel, goeie boeke te geniet, ure in die buitelug deur te bring en stadig teen hul eie pas te groei, is een van die grootste seëninge wat ons vir ons kinders kan gee.

Oordink dinge wat pragtig is

Barefoot Days South African homeschool curriculum - Charlotte Mason style eclectic home education

In ‘n era waar ons kinders gebombardeer word met beelde op skerms en advertensies, waar hulle gekonfronteer word met geraas (wat sommiges musiek noem), waar hulle voortdurend gedruk word om ‘n humanistiese wêreldbeskouing te aanvaar, bied Charlotte Mason die geleentheid aan ouers om God se opdrag in Filippense 4:8 te vervul waar daar geskrywe staan dat ons moet aanhou dink oor dinge wat waar is, eerbaar is, reg is, lieflik is en goed is.

Hoe doen ons dit in Kaalvoetpret? Ons voorsien jou van kunsafdrukke, musiekskakels en poësie om te lees en ons moedig jou en jou kinders aan om daagliks tyd in die natuur te spandeer terwyl julle die boeke lees en saam as gesin die avonture beleef.

Ons kan nie die invloed meet wat een of ander kunstenaar op die kind se gevoel van skoonheid het, of op sy  vermoë om, soos in ‘n prentjie, die algemene gesig van die lewe te sien nie…”

“Daar is geen deel van ‘n kind se opvoeding belangriker as dat hy – volgens sy eie waarneming – ‘n wye basis van feite ten opsigte van wetenskaplike kennis in die toekoms moet lê nie.” ~ Charlotte Mason

‘n Kind se plig

In die era van kindgesentreerde ouerskap is dit uiters belangrik vir ouers om te verstaan dat die kind nie die middelpunt van die heelal is nie. Hulle is kosbaar en spesiaal en hoewel daar van ons, deur geen las, verwag word om ons kinders lief te hê en te versorg nie, moet hulle nooit bepaal hoe die huis bestuur word of wat in hul opvoeding gebeur nie.

Die noodsaaklikheid van gewoonte

Een van die belangrike voordele van ‘n Charlotte Mason-opvoeding is die kweek van goeie gewoontes by jou kinders. Sommige hiervan is opvoedingsgewoontes soos uitnemendheid, akkuraatheid, beste poging, aandag, gehoorsaamheid, nuuskierigheid, en ander is lewensgewoontes soos persoonlike sorg, take, roetines en produktiwiteit. Ons het aanwysings vir jou ingesluit in die gids om jou te help om hierdie gewoontes by jou kinders te ontwikkel.

God bo alles verhewe

Alhoewel ons besef dat nie almal wat hierdie program sou wou gebruik van die Christelike geloof sal wees nie, glo ons –  net soos Charlotte Mason –  dat die rede waarom ons hier in hierdie wêreld is, is om lewens te leef wat omsigtig is en om eer aan God te bring deur gehoorsaamheid aan die Bybel, om ons gesinne lief te hê en ons gemeenskappe te dien. Dit is die wêreldbeskouing van die program en ‘n draad wat jy deur Kaalvoetpret sal vind. 

Mother reading the bible with her child

“Laat die kind grootword met die bewustheid van die konstante, onmiddellike, vreugdegewende, vreugdenemende Teenwoordigheid in hulle midde.” ~ Charlotte Mason

Volume 3 sal in Januarie 2024 beskikbaar wees.