Natuurskattejag 2

R5 110.00

Natuurskattejag 2 is ‘n storiegedrewe leersafari om die natuurlewe en natuurlike omgewing van Suid-Afrika te verken. Die program is gemik op ouderdomme 10-14 en selfs ouer. Goeie literatuur ken geen boonste ouderdomsperke nie, so ouer tieners en ouers sal dit verseker ook geniet.

  • Kurrikulumgids
  • 17 Hoofstuk boeke
  • 1 Naslaanboek oor uitvinders en innoveerders
  • Muurkaart van Suid-Afrika*
  • Drukbare prentjieskyfies
  • Kursuswebwerf met skakels, videogrepe en ander verrykende hulpbronne

    *Maak ‘n aantekening in die kommentaarblokkie as jy reeds ‘n muurkaart saam met ‘n ander pakket gekoop het. Kies die EFT betalingopsie en dan kan jy die verminderde prys (-R150) betaal. Die prys sonder ‘n kaart sal dan R4960 wees plus die versendingsfooie.

Natuurskattejag 2 gebruik lewende boeke om jou op ‘n avontuur deur Suid-Afrika te neem. Hierdie Suid-Afrikaanse tuisonderwyskurrikulum gebruik stories deur skrywers wat passievol is oor hul vak, eerder as vervelige handboeke. Deur innemende stories as ‘n gesin saam te lees, kan jou kinders se emosies aangewakker word en hul aandag gevang word deur wat hulle leer. Hulle sal waarskynlik beter onthou vanweë die ervaring wat hulle deur die storie ‘geleef’ het. Dit maak dit wat hulle leer onvergeetlik. Wanneer dit gepaard gaan met werklike ervaring  in die natuur in jou plaaslike omgewing, het jy ‘n wenformule. Die inligting word integraal verbind met die ‘steierwerk’ van inligting oor die wêreld wat reeds in jou kinders se breine bestaan.

You may also like…