, ,

Eendracht Maakt Macht Bordspeletjie

R1 300.00

(English below)
Eendracht Maakt Macht is ‘n trots Afrikaans bordspel. Dit is Suid-Afrika se heel eerste koöperatiewe spel waarin spelers sal leer oor die mees uitdagende era in ons geskiedenis, die Anglo-Boereoorlog (of Vryheidsoorlog).

Jonk en oud word in een strydmag saamgebind om die waarde van samewerking te besef en veg teen tyd. Spelers aanvaar uitdagings wat wissel van groot slagvelde soos Magersfontein en Spioenkop tot geheime sendings soos die spioenasie op die vyand se bedrywinghede. Hierdie uitdagings word deur historiese leiers aan spelers gestel en verg dat hulle dan reis reg oor Suid-Afrika se oorlogslandskap in die nastrewing van legende-status. Uitdagings, spel meganika en die vele helde en toerusting waaraan spelers bekend gestel word, is goed nagevors en gebaseer op die waterskeidingsgebeure wat ons land vir altyd verander het. Die spel is propvol opvoedkundige waarde, dit bied aan die Afrikaanse mark ‘n vars en unieke strategiese bordspel wat deur almal, van geskiedenis ghoeroe tot leek, geniet kan word.

Is jy gereed om die held binne jou wakker te maak? Kom sluit by die spel se strydmag aan en speel saam aan Eendracht Maakt Macht!

Eendracht Maakt Macht is a proudly Afrikaans board game. It is South Africa’s first ever co-operative game in which players will learn about one of the most challenging periods in our history, the Anglo-Boer War! Players need to work together, accept challenges set by historic leaders and travel all over the South African war landscape to achieve legendary status. These challenges and game mechanics were well researched and based on some of the water-shedding events that changed our country forever.

This is not only a strategic and educational board game, but also fun for everyone, history guru to novice. While the game is proudly Afrikaans, we welcome everyone to join in as no historic enemies are harmed during the play of Eendracht Maakt Macht.

You may also like…