Opvoedkundige Bordspeletjies

Opvoedkundige bordspeletjies is ‘n effektiewe manier om ‘n hele klompie vaardighede te ontwikkel, soos familieverhoudings, sportmanskap, taalvaardighede, lees, algemene kennis ens.

Footprints bied ‘n verskeidenheid Suid-Afrikaanse opvoedkundige bordspeletjies aan. Click here for Boardgames in English

NUUT! Boereplaas
Boereplaas beloof opvoedkundige vermaak vir die hele gesin; dit is geskik vir 2-6 spelers en leer kinders (en grootmense!) van die hantering van geld, wins en verlies, oordeelkundige aankope en boerdery.

Eendracht Maakt Macht – Hierdie strategiese spel lei spelers deur die gebeure van die Anglo-Boere Oorlog. Spelers roep hulle eie kommando op, bou aan hul eie unieke vaardighede en word gelei om met ander saam te werk tot ‘n gemeenskaplike doel. So speel-speel reis die krygers deur die groot oorlog en help bou hulle aan die volk wat na die nederlaag weer sal opstaan.

Die Volgende Stop (ook beskikbaar in Engels: The Next Stop) -‘n fantastiese speletjie om aardrykskunde, algemene kennis, taal en nog meer te ontwikkel. Lees die Engelse beskrywing vir meer besonderhede en foto’s van die bordspel.

Tyd Toer (ook beskikbaar in Engels: Time Travel) – In hierdie speletjie is Suid-Afrikaanse- en wêreldgeskiedenis die fokus, maar ander vaardighede word ook benodig.

Die Groot Trek – Hier kom beide geskiedenis en aardrykskunde te vore. Die rol van die dobbelsteen beïnvloed die reis van elke speler en bepaal die hindernisse wat hulle kan teëkom, of bonusblokke. Groot pret!

Die Groot Trek Opvoedkundige Bordspeletjie
Die Groot Trek Bordspeletjie

Suid-Afrikaanse Opboedkundige Bordspeletjies