Notebooking Pages for Voetspore (Voetspore Werksvelle)

Notulering deur middel van werksvelle is ‘n gerieflike manier om rekord te hou van al die leeraktiwiteite wat jou kind(ers) gaan doen soos hulle deur die Voetspore-program vorder.

Die voltooide werksvelle vertoon goed en bied aan die kinders ‘n portefeulje van hul werk waarop hulle waarlik trots kan wees en vir oupa en ouma kan wys wat hulle geleer het.

Werksvelle bied riglyne en struktuur aan kinders wat dit mag nodig hê, maar kan ook pasgemaak en verfraai word met aandenkings, foto’s, kindersketse of enige ander vouboek (“lapbooking”) elemente vir die kreatiewe kinders.

Die werksvelle kan in ‘n notaboek geplak of in lêersakkies in ‘n boogkniplêer gestoor word.

Voetspore werksvelle - homeschool notebooking pages

‘n Handige manier om Charlotte Mason se idee van beskrywing – die kuns van terugvertel – toe te pas is deur die werksvelle vir notulering te gebruik. Jonger kinders kan aan moeder dikteer terwyl sy die terugvertelling notuleer, terwyl die ouer kinders hul eie terugvertelling op die toepaslike werksvelle kan inskryf. Deur terug te vertel wat hulle geleer het, wys kinders dat hulle verstaan het wat aan hulle voorgelees is. Terugvertellings kan ook gebruik word om te evalueer wat kinders van hul lesse onthou. Hou net altyd in gedagte dat daar geen korrekte of verkeerde terugvertellings is nie.  

Werksvelle help kinders om te werk aan en hersiening te doen van belangrike inligting oor die onderwerpe wat bestudeer is. Werksvelle spaar tyd omdat die nodige inligting en template verskaf word.

Die 174 werksvelle dek elke geskiedenistydvak, beroemde mense, bevolkingsgroepe en ook temas vir opstelle wat geskryf moet word. Werksvelle vir die ses afdelings van natuurstudie bevat die opdragte, maar het ook ruimte waar die kind kan skryf oor diere wat julle bestudeer het of besondere natuurgebeure waarvan hulle boek moet hou. 

Hierdie is ‘n digitale produk wat aangekoop word en uitdrukke gemaak kan word soos benodig vir jul kinders.