Tuisonderwys Sukses

An Afrikaans-speaking homeschooling mother shares the story of her daughter’s home education and success as a young adult:

Sy is in 1994 gebore.

Sy was twee toe ek die eerste keer vir Leendert [van Oostrum] geskakel het oor tuisonderwys.

Maar ek was te bang…en sy het in die plaaslike Christelike Afrikaanse Montessori skool begin. Ouderdom 5 en ‘n half.

Toe sy graad 2 voltooi, maak die skool sy deure toe. Ek is swanger met nr 4. Sy gaan na die staatskool.

Eers aan die einde van haar graad 3 jaar, luister ek na die Roepstem en volg. Ons tuisopvoedingspad het begin in September 2004, alhoewel sy eers die jaar voltooi en ons amptelik Januarie 2005 nie teruggaan skool toe nie.

Daar was baie draaie, afdraaipaaie, baie pret en baie trane, baie wonder, twyfel en nagte se wakkerlê…

In 2013 moet sy “matriek skryf”.

Januarie  – ons boeke is laat.

Maart – ontvang ons eers ons boeke.

April kanselleer ek die hele matriek-storie…baie faktore speel ‘n rol, maar die belangrikste is die gevoel van totale bevryding.

Januarie 2013 het sy haar gimnastiekklub met slegs ritmiese gimnastiek, op die dorp begin.

April 2013 begin ons met navrae, navorsing oor die GED.

Oktober 2013 brei haar gimnastiekklub uit om ook seuns artisties af te rig.

Desember 2013 skryf sy haar laaste GED vak en ontvang in Januarie 2014 haar diploma.

Januarie 2014 skryf sy by ‘n aanlyn-studieblad in vir ‘n sertifikaat in Montessori-onderwys.

Februarie 2014 begin sy dogters artisties afrig.

Februarie 2014 kom ons agter dat ‘n dagsorgsentrum van eienaars verander, dat die nuwe eienaars ‘n Montesorri-skool wil begin.

Ons gaan na die kleuterskool om pamflette vir die gimnastiekklub af te gee en raak aan die gesels.

So begin sy op aflosbasis “skoolhou”.

Sy geniet elke oomblik daarvan.

Die tweede dag wat sy daar is, bel die eienaar om te hoor of ons haar sal toelaat om ‘n voldagpos te vat. Wel, dis nie my lewe nie, vra haar self, maar sy het die gimnastiekklub en is smiddae besig, sy kan nie voldag nie.

Gister – 17 Sept 2014, kry sy die oproep. Sy word ‘n halfdagpos by die Montessori-kleuterskool op die dorp aangebied.

Sy moet binne 7 dae ‘n CV inhandig…

Sy het nog nie haar Montessori-sertifikaat nie, is nog besig met opleiding…

Dit was ‘n lang pad, maar terugskouend so vinnig verby.

Daar was baie dinge wat my soveel geleer het.

En vandag weet ek, uit dure en eie ondervinding, ‘n kurrikulum is regtig nie nodig nie. Selfgerigte leer, eie motivering, gemaklike leertempo, leer-in-die-lewe en leef om te leer is baie beter.

Groetnis

Marelize

(Ma van Leticia – 20, Henry – 18, Johan – 12 en André – 10)

More Homeschool Success Stories