Testimonies describing how Afrikaans-speaking South African families use Footprints in Afrikaans.
Liewe Shirley
Baie dankie vir jou en Wendy vir die Little Footprints Kurrikulum. Ons geniet dit baie. Dis seker nou al 2jaar wat ons Little Footprints doen, ja, ons doen dit maar stadig en rustig.
Net vir die wat wonder of mens kan ‘Little Footprints’ in Afrikaans, ja en weer ‘n keer JA!
Daar is so baie dinge om te ontdek en te doen, so baie mooi boeke om te lees. Al is die program in Engels, was dit nog nooit ‘n probleem vir ons nie. Die meeste boekies is in Afrikaans beskikbaar en die wat net in Engels te kry is vertaal ek maar soos ek lees. Wel dit was in die begin, nou hoef ek nie eers meer te vertaal nie, net die moeilike woorde. Ons doen alles verder in Afrikaans. Die Bybelversies memoriseer ons van tyd tot tyd, gewoonlik maak ons ons eie wysie en sing dit dan. Dis groot opgewondenheid om dit dan op die rekenaar op te neem.
‘Copywork’ het bietjie agterweë gebly, Herdo het eers onlangs leer lees en skryf (het ongelooflik vinnig gevorder), so ons sal dit ook bybring, ek het gedink om dit afwisselend in Engels en Afrikaans te doen. Marco is besig om sy klanke te leer, een van die dae ‘Copy’ hy saam.
Dit is vir my belangrik om eers my kinders blootstelling te gee aan hulle eie land, en daarvoor is LF perfek vir my. Ek is mal oor boeke, en ek sê dankie vir die kwaliteit stories en wonderlike kunswerk.
Ek ‘label’ nou al boeke as Footprints-boeke of net Gewone-boeke. Ek was gister weer in Exclusive Books en het ‘n potensiële Little Footprintsboek gesien, het my oë uit my kop gehuil oor die mooi storie. Daar was al ‘n paar Afrikaanse stories wat ek gedink het om aantebeveel juis vir Afrikaanse families wat Little Footprints doen.
Die ‘Map’ en ‘Discs’ werk uitstekend. Dis ‘n ‘gentle’ bekenstelling en bewusmaking van Kaartwerk.
 |
 |
| Ons SA Kaart |
Landbou in SA |
So baie dankie daarvoor. Ons beplan om volgende jaar Footprints te doen, sien baie uit!
Liefde
Merinda Nagel (Boston, Bellville)
Mamma van Herdo 9, Marco 6 en Isabella 10maande
Footprints in Afrikaans

|