Tips for Starting Homeschooling

Footprints in Afrikaans

Read how Afrikaans-speaking South African families use Footprints in Afrikaans.

Liewe Shirley

Baie dankie vir jou en Wendy vir die Little Footprints Kurrikulum. Ons geniet dit baie. Dis seker nou al 2jaar wat ons Little Footprints doen, ja, ons doen dit maar stadig en rustig.

Net vir die wat wonder of mens kan ‘Little Footprints’ in Afrikaans, ja en weer ‘n keer JA!

Daar is so baie dinge om te ontdek en te doen, so baie mooi boeke om te lees. Al is die program in Engels, was dit nog nooit ‘n probleem vir ons nie. Die meeste boekies is in Afrikaans beskikbaar en die wat net in Engels te kry is vertaal ek maar soos ek lees. Wel dit was in die begin, nou hoef ek nie eers meer te vertaal nie, net die moeilike woorde. Ons doen alles verder in Afrikaans. Die Bybelversies memoriseer ons van tyd tot tyd, gewoonlik maak ons ons eie wysie en sing dit dan. Dis groot opgewondenheid om dit dan op die rekenaar op te neem.

‘Copywork’ het bietjie agterweë gebly, Herdo het eers onlangs leer lees en skryf (het ongelooflik vinnig gevorder), so ons sal dit ook bybring, ek het gedink om dit afwisselend in Engels en Afrikaans te doen. Marco is besig om sy klanke te leer, een van die dae ‘Copy’ hy saam.

Dit is vir my belangrik om eers my kinders blootstelling te gee aan hulle eie land, en daarvoor is LF perfek vir my. Ek is mal oor boeke, en ek sê dankie vir die kwaliteit stories en wonderlike kunswerk.

Ek ‘label’ nou al boeke as Footprints-boeke of net Gewone-boeke. Ek was gister weer in Exclusive Books en het ‘n potensiële Little Footprintsboek gesien, het my oë uit my kop gehuil oor die mooi storie. Daar was al ‘n paar Afrikaanse stories wat ek gedink het om aantebeveel juis vir Afrikaanse families wat Little Footprints doen.

Die ‘Map’ en ‘Discs’ werk uitstekend. Dis ‘n ‘gentle’ bekenstelling en bewusmaking van Kaartwerk.

Footprints in Afrikaans - South African mapFootprints in Afrikaans - South African map
Ons SA KaartLandbou in SA

So baie dankie daarvoor. Ons beplan om volgende jaar Footprints On Our Land te doen, sien baie uit!

Liefde

Merinda Nagel (Boston, Bellville)

Mamma van Herdo 9, Marco 6 en Isabella 10 maande

Below is an update that Merinda posted in a discussion about Footprints in Afrikaans on Facebook in 2017

“…ons het ook al ‘n wonderlike pad met Little Footprints en Footprints geloop so deur die jare. Ons is oppad om dit vir ‘n 2de keer te doen met die kleintjies. My 2 oudstes is 20 en 17, en ons Footprints Journey is van ons mooiste herinneringe.
Dit is so maklik om in Afrikaans te doen. Baie van die boekies is in Afrikaans beskikbaar en die wat nie is nie het ek in die begin so vertaal vertaal gelees en later was dit nie meer nodig nie. Al die aktiwiteite en ander dinge het hulle in Afrikaans gedoen, selfs die Lapbooking, ek het in Afrikaans die opdrag geskryf as dit nodig was. Ek is so bly ek kry weer ‘n kans om die Journey te doen, my dogtertjie is nou 11, en my 2 jonger seuntjies is 10 en amper 6. Ek gaan Little Footprints en Footprints so saam saam doen. Daar sal seker weer ‘n geleentheid kom om Footprints met my nou 5 jarige te doen as hy ouer is. Dit is ‘n baie flexible program, ons het seker amper 2 en half jaar gevat daarmee, net oor ons regtig stadig gegaan het en alles gedoen het… Ons het ook ander dinge saam met dit gedoen en ons belangstellings gevolg. Daar is ook soveel ekstra boekies wat mens saam kan lees.
Ek weet sommer julle sal dit baie geniet.”

Marli V: “Ek gebruik Little Footprints en sovêr dit moontlik is neem ons die boeke in Afr uit, en enige onderwerpe waaroor ons verder wil leer gaan soek ons ons ook afr boeke by die bib. Maar ek vind ook dat dit n baie ‘gentle’ manier is om my seuntjie se engels uittebrei en te verbeter… ons het nou al die footprints storieboeke in engels en hy lees hulle op sy eie sonder hulp van my. Hy kon so rustig sy taal uitbrei deurdat ek vir hom vertaal of in engels en in afrikaans lees en vertel. Ek dink dis oor die algemeen net n fantastiese kurrikulum en jy kan dit absoluut aanpas net soos jy goed vind. Sterkte!”

Maritza van H: “my seuns is 5 en 8 en ek doen dit gelyk met altwee Ons neem ook nog sover die afrikaanse boekies uit (little footprints Ruben het nou eers 8 geword) en hulle geniet dit vreeslik Ek vat n paar minute op n vrydag of naweek om die res te vertaal Ek som dif kortliks op en dan brei ons daarop uit ook Ekt nog so 8 vd leesboekies oor vd afrikaans om te doen en dan gaan ons kyk hoe hul doen met die engelses Ek stem saam moedertaal is NB. Ek het dit nog altyd geglo maar ek begin nou al dink aan wat gaan ek teen hoerskool jare wil doen As mens dalk GED ens is dit engels…. So iewers gaan ons moet dalk oorskakel en ja ek wil ook nie te vroeg begin nie maar baie is in engels soos youtube baie goed op google Bib is jou maat ook!”

Inge deV: “Ons is Afrikaans en doen Footprints (seuns 8,9). Hulle engelse woordeskat het skielik ongelooflik verbeter! Soos ons stories lees en hulle verstaan nie, vertaal ek. (mors geen tyd nie) Verder doen ons alles in engels. Het ook eers gedink ek moet alles eers in moedertaal doen, maar ons oudste verkies skielik engels (praat, leesboeke en dink! alles engels). Jongste praa ten dink ook engels met almal en met boeta, maar verkies om nog in Afr te lees. Geen druk op hom. Vir ekstra spelling in engels doen ons elke dag ESA Programs (google dit) en hulle love dit! Hulle moet die woorde kan skryf wat hulle hoor en reg spel – doen baie goed. Verder lees ons steeds baie Afr boeke. Hulle kies self watter copy work hulle wil doen uit ‘n boek wat huidiglik interesseer (vertaal mondelings voor hulle skryf). Footprints is fantasties!”

Catherine H: “Ons gebruik Footprints on our Land. My seun is 13. Ons is nog aan die beginfase. Maar geniet dit ook baie. Ons is ook Afrikaans sprekend. Ek vertaal waar nodig(on the go) Vir Engels maak ek gebruik van Footprints of ou Land se Language Arts/Grammar program. Vir wiskunde Maths U See. Ons is baie gelukkig daarmee. En vir Afrikaans gebruik ons Toetentaal. Ons is mal daaroor. Dis baie goed. Verder lees ek soveel ek kan vir my seun. Hy is lui met die lees! Maar daars baie oulike boeke wat saam met die Footprints gekom het, en wat sy belangstelling geprikkel het, sodat hy self verder wil lees. Ek het gevra vir die Afrikaanse weergawe van Footprint. Dit beteken jy kry baie van die leesboeke in Afrikaans. Maar jy moet met Shirley Erwee praat. Sys n redder & die een om mee te gesels oor nie net Footprints nie, maar alles oor homeschooling. Sy kan jou red van vele “disasters” Vra my ek weet!!”